Portland haal einstryd met nog een wedtsryd om te speel – Joe Pillay

MET nog een oorblywende wedstryd wat Saterdag (8 September) op die Rocklands-sportterrein in Mitchell’s Plain afgehandel word en slegs die hoerskool sokkerspan van Portland wat reeds sy plek in die eindstryd bespreek het as die Groep-A wenner – is die stand van sake in Groep-B op `n mespunt gebalanseerd.

Die twee groep-wenners (A en B) in die MRP Foundation Skoleliga-kompetisie pak mekaar op 15 September in die eindstryd om die kroon van die kampioenskap-titel te bepaal.

Nietemin het Riedewaan Johnson (afrigter) se onoorwonne Portland-span hul sesde liga-wedstryd agtereenvolgens gewen en met 18 liga-punte sy posisie bo-aan die punteleer in Groep-A versterk toe hy met Princeton met 2-1 afgereken het.

Dit was ook Charles Uys (breier) se Princeton-span se eerste nederlaag na ses wedstryde en het in die proses een wedstryd gewen en vier keer gelykop gespeel. Hulle behou tans die vierde plek met sewe punte.

Vir Riedewaan Johnson en sy spelers, het die sege teen Princeton groot vreugde gebring want dit het beteken hy het sy plek in die eindstryd verseker en kan nie meer ingehaal word nie. Die voorloper spog met `n gaping van vier liga-punte tussen hom en die tweede geplaasde Cloetesville wat op 14 liga-punte staan.

Met dit in gedagte sal die vier keer gekroonde kampioen Cloetesville (2008, 2009, 2015 en 2017) teen Portland sy finale liga verpligtinge Saterdag afrond en die Cloetesville breier Gary Jacobs het reeds in verlede week se 3-0 sege teen Westridge dat die Stellenbossers agter Portland se bloed is en beplan om hul teenstander se onoorwonne te beeindig.

Daar wag egter `n uitdaging en bulstryd soos min op Portland maar sal wil bewys hy verdien vanjaar om dalk vir die eerste keer die liga-titel te wen.

Sy gevaarlike wapens veral die strikers Jayden Fransch en Chadley Richards asook Yaseen Hartley kan vir Portland `n belangrike rol speel in die bepaaling van die uitslag.

Terwyl Gary Jacobs sy span se wenhoop rondom die talentvolle Dillon Adams, Shane Simons en Russel Jacobs sal bou.

Dit is egter in Groep-B waar dinge baie interessant verloop en die groep kan eerder deur een van die twee onoorwonne elftalle – die huidige voorbok Mondale (14 punte) of die tweede geplaasde Oval North (12 punte) beklink word.

Nigel Crowie, breier van Mondale het beslis `n moeilike taak ophande om sy spelers voor te brei vir die laaste sleutel-wedstryd teen Tafelsig en weet sy span om eenvoudig dit wen om bo-aan die punteleer in Groep-B te eindig.

Mondale het danksy Luther Jacobs se doel in die doodsnikke net-net aan sy voorsprong op die puntelys vasgeknou toe hy Beacon Hill met 1-0 verslaan het.

Terwyl die “Lion Cubs” van Oval North sy liga veldtog lewendig gehou het toe hy die Seerowers van Strandfontein met 3-0 gepot het.

Met twee liga-punte verskil is daar beslis in die twee kritieke wedstryde baie om voor te speel en met die verwagting dat Oval North vir Glendale behoort te klop is daar ewe groot druk op Mondale se spelers geplaas om met `n spanpoging vorendag te kom wat skrik vir niks.

Andrew Geldenhuys (afrigter) se Tafelsig-span het op hul beurt verlede Saterdag voor Aloe met 1-2 die knie gebuig en afgeskuig tot vierde plek met 10 liga-punte terwyl Theo Fleurs (breier) se Aloe-elftal nou die derde plek vertolk (11 punte) na die sege weens die doele van Curtly van Beilling en Mikyle Davids.

Oor Die algemeen belowe die stryd tussen Tafelsig en Mondale Saterdag op die Rocklands-sportterrein `n uitdaging wat niks anders as in `n sokkerontploffing behoort te ontaard.

Dit is juis van noot dat Mondale se spelers hul sokkies optrek want dit is wat hul breier van Tawfeeq Cupido, Tyreeq Davids en Luther Jacobs sal verwag.

Die uitslae:
Groep-A
Portland 2 (1), Princeton 1 (0): PORTLAND – Yaseen Hartley, Igshaan Smith (eie-doel). PRINCETON – Fayyaad Benhalie.
Cloetesville 3 (1), Westridge 0: CLOETEVILLE – Dillon Adams (2), Shane Simons.
Spine Road 2 (1), Cedar 1 (1): SPINE ROAD – Castro Ndaba (2). CEDAR – Mujied Jefferies.
Rocklands 3 (1), Lentegeur 1 (0): ROCKLANDS – Riedewaan Nicholas, Chad Jackson, Sherwin Arendse (eie-doel). LENTEGEUR – Emile Collision.
Groep-B
Oval North 3 (1), Strandfontein 0: OVAL NORTH – Lyle Appollis, Cody Moses, Taariq Louw.
Woodlands 3 (2), Glendale 0: WOODLANDS – Nathan Baartman (3).
Aloe 2 (0), Tafelsig 1 (1): ALOE – Curtly van Beilling, Mikyle Davids. TAFELSIG – Shamiel Klink.
Mondale 1 (0), Beacon Hill 0: MONDALE – Luther Jacobs.

Die wedstrydbepalings: SAGTERDAG (8 September) – ROCKLANDS: 09:00 – Spine Road t Lentegeur (A), Portland t Cloetesville (B), Westridge t Princeton (C), Rocklands t Cedar (D). 10:15 – Woodlands t Strandfontein (A), Beacon Hill t (B), Tafelsig t Mondale (C), Oval North t Glendale (D).

Start a Conversation